Wéreldwyd word vermoed dat 1,6 miljard mense die risiko loop om ‘n skildklierafwyking te hé, en een uit agt vroue sal in hul leeftyd ‘n skildklierafwyking ontwikkel.
Baie mense is nie bewus dat genetiese faktore hulle waar- skynlikheid om skildkliersiekte te ontwikkel aansienlik kan beinvloed nie.
As jy ‘n familiegeskiedenis van skildklierprobleme het, of as jy nie lekker voel nie en nie ‘weet hoekom nie, is dit belang rik om jou tiroiedhormoonvlakke te toets.
Dr. Sindeep Bhana, ‘n spesialis in skildkliersiektes en voormalige hoof van endokrinologie by die Chris Hani Baragwanathhospitaal, sé wanneer jy siek is, voel dit asof ‘n stukkie van jou ontbreek.
“As jy simptome ervaar wat nie verdwyn nie, ongeag wat jy probeer, kan jou skildklier die ontbrekende stuk van die legkaart wees en dit is die moeite werd om dit te laat toets.
“Jou skildklier is waarskynlik die belangrikste orgaan in jou liggaam, aangesien dit nood- saaklike hormone produseer wat die hele liggaam se metabolisme reguleer.
“As jy sukkel met moegheid, gewigstoename of buierigheid, kan ‘n onderaktiewe skildklier die rede wees,” sé Bhana.
Skildklierafwykings is algemener as wat mense dink, veral in vroue. Teen die ouderdom van 60 sal 17% vroue en 8% mans na verwagting aan ‘n onderaktiewe skildklier (hipotireose) ly.
Volgens die webwerf Science Direct is ‘n skildkliersiekte ‘n uiters algemene toestand met ‘n impak op kinderontwikkeling, vroue se vrugbaarheid en ‘n risiko van kwaadaardigheid, wat dit wéreldwyd ‘n belangrike gesondheidskwessie maak.
“Baie Suid-Afrikaners weet nog nie wat die skildklier is en waarna om op te let wanneer dit by skildkliergesondheid kom nie,” sé Dr. Justus Apffelstaedt, “n spesialishirurg wat in Kaapstad en Windhoek werk en ‘n be- langstelling in bors-, skildklier- en byskildkliergesondheid het.
“Om met die feite gewapen te wees, verhoog die geleentheid vir vroeé opsporing en diagnose aansienlik, wat ‘n pasiént se beste kans op herstel is,” sé hy. Die skildklier, so klein soos dit is, is van kardinale belang.
Dit beinvloed, regstreeks of onregstreeks, byna elke funksie in jou liggaam, waaronder tem- peratuurregulering, ons spys- verteringstelsel en geestelike ontwikkeling. Dit speel ook ‘n belangrike rol in vroulike vrugbaarheid.
Die voordele van vroeé opsporing
Omdat die simptome maklik met ander siektetoestand verwar kan word, word skildkliersiektes dikwels jare lank nie opgespoor nie.
Die Amerikaanse Skildklierevereniging skat ‘n skokkende 60% skildklierafwykings nie by mense gediagnoseer word nie, wat beteken dat honderdmiljoene mense wéreldwyd ly sonder dat hulle weet wat die oorsaak van hul simptome is.
Hoe gouer ‘n skildklierafwyking gediagnoseer word, hoe beter. Sodra dit geidentifiseer is, kan jou dokter die simptome gewoonlik goed bestuur.
Hoewel skildklierwanfunksie redelik algemeen voorkom, is siektes van die skildklier, soos hipotireose (gebrek aan skildklierhormone wat afgeskei word) en hipertireose (toename in skildklierhormone wat afgeskei word) selde kankeragtig en kan dit gewoonlik goed bestuur word.
“Deur bewus te wees van jou simptome en ‘n eenvoudige skildkliertoets te ondergaan kan die legkaart van ongediagnoseerde skildkliertoestande oplos die siklus verbreek van herhaalde besoeke, verwysings en verkeerde diagnoses wat miljoene pasiénte vir veels te lank geraak het,” sé Bhana.
“Met verhoogde bewustheid en beter begrip kan ons die las van ongediagnoseerde skildklieraf- wykings aansienlik verminder.”
Volgens Dr. Fatima Hoosain, ‘n spesialishirurg wat saam met Apffelstaedt werk, het skild- klierkanker ‘n lae voorkoms in die algemene bevolking.
“Maar dit is steeds een van die meer algemene kankers. Gelukkig is daar met vroeé opsporing ‘n hoé oorlewingsyfer. Soos baie kankers, kan skildklierkanker ‘n genetiese komponent hé. Mense met ‘n familiegeskiedenis van skildklierkanker of die seldsame feochromositoom-gewas (‘n ge- was wat in die bynier ontwikkel wat gewoonlik goedaardig is), het ‘n groter kans om skildklier- kanker te ontwikkel. Soos in die geval van borskanker, word ‘n genetiese toets aanbeveel om te bepaal of die pasiént gene dra wat die potensiéle risiko om die siekte te hé, verhoog,” sé sy.
“Deesdae ondergaan baie pasiénte beeldingsprosedures, soos magnetieseresonansiebeelding (MRI) of ‘n rekenaartomogram (CT) en skildklierltraklankskandering vir probleme wat nie met die skildklier verband hou nie, sé Apffelstaedt. Dikwels, in die ondersoeke, is daar ‘n toeval- lige bevinding van ‘n knop in die skildklier. Die oorgrote meerderheid van die knoppe is goedaar-ig, maar hulle moet verder ondersoek word om te verhinder dat kanker onopgespoor bly.”
Chirurgie is in die algemeen die hoofbehandeling vir skildklierkanker. As skildklierkanker deur ‘n fynnaaldbiopsie gevind word, word chirurgie aanbeveel om die helfte van of die hele skildklier te verwyder.
‘n Sleutelfaktor in die vroeé diagnose van skildkliersiektes is dat dokter nie pasiente wat vroeé Simptome toon, moet ignorer nie. Hoewel simptome verskil, kan sommige darvan redelik generies wees en sluit in:
- ‘n Knop in die nek
- Geswolle limfknope
- ‘n Aanhoudende hoes wat nie aan verkoue gekoppel word nie
- Moeilik om asem te haal
- Konstante stemveranderinge en heesheid
Die bogenoemde tekens en simptome dui meestal op goedaardige oorsake, maar dit kan wel met skildklierkander verband hou.
Indien enige daarvan teenwoordig is, word mediese advise dus aanbeveel.