Wat jy moet weet oor jou skildklier
Wéreldwyd word vermoed dat 1,6 miljard mense die risiko loop om 'n skildklierafwyking te hé, en een uit agt vroue sal in hul leeftyd 'n skildklierafwyking ontwikkel. Baie mense is nie bewus dat genetiese faktore hulle waar- skynlikheid om skildkliersiekte te ontwikkel aansienlik kan beinvloed nie. As jy 'n familiegeskiedenis van skildklierprobleme het, of as jy nie lekker voel nie en nie ‘weet hoekom nie, is dit belang rik om jou tiroiedhormoonvlakke te toets.