https://www.netwerk24.com/netwerk24/leefstyl/welstand/lewe-na-borskanker-in-al-groter-fokus-20240607
Borskanker is die kanker wat die meeste by vroue gediagnoseer word.
‘Vroue oorleef langer, het verhoogde remissiekoerse en leef in baie gevalle so lank soos hul kankervrye eweknieé.
Volgens Dr. Justus Apffelstaedt, ‘n spesialishirurg met belangstelling in bors-, skildklier- en byskildkliergesondheid, is “die lewe na borskanker” gevolglik ‘n toenemend belangrike onderwerp as gevolg van die negatiewe uitwerking van lewensreddende borskankerbehandelings soos kardiovaskulére toksisiteit, beenverlies en meer.
“Behandeling-geinduseerde beenverlies is een van die mees goed nagevorste newe-effekte van algemene borskankerbehandelings. Na die ouderdom van 30 ervaar alle vroue en mans ‘n mate van beenverlies — “n natuurlike gevolg van veroudering.
“By vroue is die estrogeenontneming van menopouse n bydraende faktor. Tog is dit net sommige vroue wat genoeg been sal verloor om teen-beenverliesbehandeling te kry,” sé Apffelstaedt.
Luidens ‘n navorsingsartikel wat in die National Library of Medicine gepubliseer is, kry ongeveer 200 miljoen individue in hul leeftyd osteoporose. Osteoporose is ‘n ernstige vorm van beenverlies en ramings is dat ongeveer een uit drie vroue broosheid van hul heup, rug- graat of pols sal ervaar.
“Vir vroue wat borskankerbehandeling ondergaan, is dit ‘n feit dat sommige van hul behandelings sal lei tot behandeling- geinduseerde beenverlies.”
Vir diegene wat reeds die risiko loop om beendigtheid te verloor kan dit tot frakture lei as behandelings nie van die begin af bestuur word nie.
Frakture verlaag iemand se lewensgehalte, en indien ‘n gewigdraende been soos die femur betrokke is, kan dit tot verlies aan mobiliteit lei, en deur komplikasies selfs voortydige dood.
Vroue wat die risiko van ves snelde beenverlies loop, sluit in:
- Rokers; Oormatige alkoholdrinkers;
- Diegene met ‘n lae liggaamsmassa;
- Diegene met ‘n familiegeskiedenis van nie-traumatiese frak- ture en rumatoiede artritis; en
- Diegene met ‘n familiegeskiedenis van osteoporose.
“Die konvensionele voorko- ming van beenverlies sluit in om op te hou rook, die inname van baie matige hoeveelhede alkohol en die verhoging van fisieke aktiwiteit. Kalsium- en vitamien D-aanvullings word ook aanbeveel, tesame met beendigtheidsifting van die aanvang van menopouse.
“In die geval van vroue wat borskankerbehandelings ondergaan, moet voorkoming van oormatige beenverlies ‘n prioriteit wees.”
Post-menopousale vroue en behandeling- induseerde eenverlies
Volgens Apffelstaedt is dit bekend dat die behandelings wat aan beenverlies gekoppel word, aromatase-inhibeerders (AI) is.
Al verlaag estrogeenvlakke deur te keer dat die aromatase- ensiem in vetweefsel ander hor- mone in estrogeen verander.
Chemoterapie het 0ok ‘n beenverlies-effek.
“Waar gesonde post-meno- pousale beenverlies ongeveer ‘n 1-2%-verandering per jaar be- hels met Al verloor post-meno- pousale vroue been teen onge- veer 2-3% per jaar.
“Volgens die pasiént se been- digtheid-risikofaktore kan die mediese span verskeie behands lings voorskryf om beenverlieg te voorkom en frakture te be- perk.”
Pre-menopousale vroue en behandeling- induseerde beenverlies
Behandeling met Al by premenopousale vroue gaan altyd gepaard met eierstokfunksie-onderdrukkers, sé Apffelstaedt.
“Dit veroorsaak ‘n kunsmatige menopouse. Chemoterapie- geinduseerde voortydige menospouse (CIOV) moet ook oorweej word. Data oor die uitwerking van tamoksifeen is skraps.
“Hierdie algemene medikasie word gewoonlik saam met eierstokfunksie-onderdrukkers of na chemoterapie gegee. Dit maak ‘n beoordeling van die spesifieke uitwerking van die individuele middels op beengesondheid baie moeilik.
“Die goeie nuus is egter dat ten spyte van behandeling-geinduseerde beenverlies min pre- menopousale vroue behandeling benodig vir ernstige beenverlies (osteoporose), aangesien hulle nader aan hul piekbeenmassa is.”
Lewenstylveranderings, aanvullings en gereelde beendigtheidsifting is voldoende vir die oorgrote meerderheid jong vroue.
“ ‘n Beenverliesrisiko-assessering moet deur die mediese span onderneem word voordat vroue met borskankerbehandeling begin. Gereelde beendigtheidstoetse, berading oor lewenstylveranderings en monitering moet deel wees van die behandelingsplan, maar dit word ongelukkig dikwels oor die hoof gesien.”