
Borskanker: Die regte chirurg.
Mammogramme is ‘n belangrike siftingstoets in die vroeé opsporing van borskanker. Dr. Justus Apffelstaedt, ‘n chirurg wat in bors-, skildklier- en byskildkliergesondheid spesialiseer, verduidelik waarom ‘n multidissiplinére benadering tot borskankerbehandeling nodig is.
Wie lees ‘n mammogram?
Dokters wat in diagnostiese toet- se s00s mammogramme spesiali- seer, word radioloé genoem.
In gespesialiseerde borsgesond- heidsinstellings word mammo- gramme deur meer as een spesia- lis gelees. Dit word dubbellees ge- noem. In Australié en Europa word dit gereeld deur twee radio- loé gedoen. In gespesialiseerde borssentrums word dit deur ‘n radioloog, ‘n chirurg en, indien nodig, ‘n onkoloog gedoen.
Hoe word dit bevestig indien ’n mammogramlesing op kanker dui?
Om die diagnose van kanker te bevestig, word ‘n weefselmonster van die tersaaklike letsel geneem. Dit word deur middel van ‘n diknaaldbiopsie onder lokale verdowing deur ’n chirurg of radioloog gedoen.
Sodra ’n kankerdiagnose bevestig is, wat is die volgende stap?
Die chirurg sal as deel van ‘n multidissiplinére span jou chirurgiese behandelingsopsies met jou bespreek.
Moet die chirurg in borskanker spesialiseer?
Ja, dit is belangrik. Chirurgie is al paar dekades lank ‘n steunpilaar van borskankerbehandeling. Dit is dikwels die enigste behandeling wat nodig is in die hantering van vroeé stadium borskanker. Dit is noodsaaklik vir akkurate diagnose, stadiering en behandeling dat die chirug op datum is met die nuutste aanbevelings ten opsigte van chirurgiese prosedures en behandeling van span uiters belangrik.
Hoewel die operasie self ‘n lae risiko het, kan ‘n lumpektomie en/of mastektomie menige kom- plikasie inhou. Dus word sterk aanbeveel dat ‘n chirurg wat in borskankerchirurgie spesialiseer, die operasie doen. Jou spesialis- chirurg behoort ideaal gesproke gereeld meer as 150 operasies per jaar te onderneem.
Watter tipe operasies sal ‘n borskankerchirurg met my bespreek?
Die chirurg sal die beste moontlike operasie vir jou tipe borskanker met jou bespreek. Dit moet in oorleg met jou onkoloog gedoen word.
Borsbesparende chirurgie sal sover moontlik die primére doel wees. ‘n Voorbeeld hiervan is lumpektomie, waar slegs ‘n gedeelte van die borsweefsel verwyder word.
In ongeveer helfte van die gevalle sal die verwydering van die gewas saam met ‘n borsverklei- ning of borslig-operasie (mastopeksie) gedoen word om asimmetrie te voorkom en radioterapie te vergemaklik.
Daarom is die betrokkenheid van ‘n onkoloog en ‘n plastiese chirurg in die multidissiplinére span uiters belangrik.
Wie sal nog in die chirurgiese span wees?
In span moet daar ‘n chirurg wees wat spesialiseer in onkologiese borschirurgie wat ook die gebruik en interpretasie van borsbeelding verstaan, ‘n plastiese chirurg wat die moontlike on- koplastiese en rekonstruktiewe opsies kan aanbied, ‘n narkotiseur wat die spesifieke vereistes van kankerchirurgie-narkose verstaan, en ‘n ervare chirurgiese assistent en teatersuster wat die chirurgiese span kan ondersteun in hierdie soms baie lang en kom- plekse prosedures.
Wat is die chirurg se rol na die operasie?
In ‘n gespesialiseerde borssen- trum sal die chirurg ‘n integrale rol speel tydens ‘n pasiént se herstel. By die opvolgbesoeke sal hulle met jou gesels oor enige simptome of bekommernisse wat jy mag hé na die operasie byvoorbeeld littekens wat oor tyd en met behulp van massering sagter en minder opsigtelik sal word.
Hulle sal ook raad gee ten opsigte van sekere oefeninge wat herstel bevorder en wondsorg oor die al- gemeen.